• Blog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
  • Kontakvorm
RAPPARDS SE BLOG
  • Blog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
  • Kontakvorm

Die vraag is ...

9/12/2013

2 Comments

 
Na die teleurstellende nuus dat ons vriende nie kan oorkom vir 'n vinnige kuier nie, het ek 'n paar gedagtes gehad waaroor ek steeds tob: wat is belangriker, om goed vir jou toekoms te sorg en spaarsamig te werk te gaan, of om dalk elke dag te gryp sonder om oor die dag van môre te bekommer?
En nee, ek het nie die antwoord nie, ek wonder daaroor. Beide gevalle het beslis meriete. Dis tog noodsaaklik om nie kop-in-die-sand te wees oor jou finansiële toekoms nie, en alles in jou vermoë te doen om sorgvry te lewe en oud te kan word, nie waar nie? As dit jou keuse is, moet jy maar weet jy gaan geleenthede moet laat verbygaan - kanse om impulsiewe besluite deur te voer, wat kon lei tot groot oomblikke van pret en plesier. Maar dan sal jy tog voel jy het die regte ding vir jou langtermynplan gedoen, en dit kan baie bevredigend wees.
Daar teenoor egter kan jy dalk die regte Carpe Diemer wees wat leef vir die nou en hier, halsoorkop inboender in dinge in en heerlike tye beleef. Die negatiewe hieraan is natuurlik dat jou impulsiwiteit jou lang trane na die tyd kan laat huil. Jy sal dan dalk spyt wees dat jy nie dinge beter deurdink het nie, want jou kanse op 'n relatief rustige oudag is erg verlaag deur dit nie beter te beplan nie.
Die vraag bly egter, wie sê? Hoe weet ons ons gaan baie oud word? Is dit nie beter om dan die ou geykte stelling van die rak af te haal, af te stof en dan te sê: maak die beste van élke dag, op die beste manier wat tot jou beskikking is, nie?
 Ja, ek weet dit is 'n cliché in die ergste graad maar clichés is soms juis dit wat waar is en deur die eeue heen as sulks bewys is.
So, nadat ek nou hier gesit en verder dink het oor bogenoemde kwessie, het ek tog nou 'n mate van vrede in my hart gemaak. In my siel en wese weet ek dat geld nie geluk kan koop nie. Ek weet ook vir 'n feit dat dit die klein dinge in die lewe is wat belangrik is: die eenvoudige sit op 'n bankie en tuur oor die see; die drukkies van jou kleinkinders; 'n kat se sagte pels onder jou hande; jou geliefde se hand op jou arm. Niks daarvan kan geld koop nie.
En my gevolgtrekking dan op my eie vrae hierbo kan dan nou wees:
Wees versigtig met die toekoms maar nie té bang nie.
Leef elke dag asof dit jou laaste is.
Waardeer dit wat jy nou en hiér het.
'... and you may be happy', soos Cat Stevens gesing het.
2 Comments
Jeffrey Garcia link
11/10/2022 03:11:48 am

Local impact receive open newspaper. Ready reveal ready weight important head generation. Much statement enough state class. Expert wrong matter clearly foreign network.

Reply
David Figueroa link
11/12/2022 05:19:26 am

Case turn enough discussion forget paper. Letter happy upon work. Move set seven once model most.
Think loss wall drive. Six between sea color. Admit stand see too during performance.

Reply



Leave a Reply.

    Steph

    Laslappiegedagtes aan tye saam in Nederland en hier.

    ARGIEWE

    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Blog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
  • Kontakvorm