Ons Rappards se Blog
Nederland is ons passie - so ook Suid-Afrika met al sy natuurskatte!
Ons is aktiewe en aanpasbare mense van 70+ wat van rigting kan verander sodra dit ons pas, of indien ons omstandighede verander! Ons voel steeds ná 13 jaar se samesyn dat ons geseënd is om 'n magiese lewe te kan lei. Ons doen alles met passie en positiwiteit - want,
soos gesê word, this is how we roll!
Ons deel graag ons ervarings met vriende en familie deur middel van skrywes, foto's en interessante staaltjies uit ons lewe, hier in Suid-Afrika, Europa en waar ons ookal heen was of nog sal gaan.
WELKOM OP ONS BLAD!

Versamel oomblikke, nie dinge nie
|
22 September
Oor twee weke vlieg ons! En jimmil, dis asof dit nie wil insink hier aan ons kant nie! Met alles wat die laaste maand of twee aan die gang was, was dit moeilik om uit te sien na ons lekker trippie in Oktober! En die eerste keer in jare dat ons net vir ONS gaan, sonder stres, sonder senuaanvalle omdat ons ons toerlede nie ná maandelange voorbereiding wil teleurstel nie. Ons kan net oor onsself worrie. As die lugredery ons in die steek laat, is dit oukei, dis net ons. As die Rand verswak, is dit net ons. As dit reën en reën en reën, dis net ons ... Ons gaan weer ons mees geliefde plekkies in Scheveningen en Den Haag opsoek en alles net absorbeer. Die eerste week bly ons in 'n apartementje in Keizerstraat - ons geliefkoosde straat in Nederland. En sonder trappe! Mét wasmasjien en droeër! Wat 'n bederf is dit nie? 'n Paar meter van die Albert Heijn-supermark en die tremhalte af, 'n entjie van die ou kerkie met sy teëlbedekte buitebanke, en die Noordsee nét daar! Ons hoop die gezellige eetplekkie in die straat is nog daar: Die geurige mosterdsoep is uit die wêreld uit! Ik heb daar zin in! Dié week gaan ons ook vir skoonsus en swaer in Amsterdam ontmoet en 'n kuiertjie met die kinders inwerk. Ons mis die lotjie maar altyd baie. Die res van die tyd wil ons net ronddwaal en rus. Henk het bietjie admin om daar af te handel maar verder is dit vakansie! Die tweede week vlieg ons landuit vir agt dae - later meer hieroor. Terug in Den Haag, bly ons weer in die middestad in 'n woonstel in die Buitenhof soos verlede jaar. Dit bly magies om daar deur eeueoue geskiedenis omring te word met die Ridderzaal reg oorkant ons. Die meisie met die pêreloorring is net 'n katspoegie van ons af, knus in haar raampie in Mauritshuijs. Ek moet haar tog weer gaan groet. Delft toe met die trem is beslis op die program, nie net vir die verruklike lekker kaas nie, maar vir die atmosfeer. Daar is net iets aan die dorp ... En sal die lemon meringue roomys nie weer te heerlik wees by die roomyswinkel, Het IJskabinet, nie? Om die draai, bitterballen by die Posthoorn - dalk nié weer die sop met gekookte eiers in nie - of wat sê ek, oud-reisgenote? Maar wag! Ek het myself belowe ek sal die lysie opdateer op die witbord wat al verlede week kamer toe gedra is. Net terloops, ons moes kies tussen die opgradering van die kombuis of hierdie trippie. Finansieel. Raai wat het gewen? Groete Stephanie |
Goede tijden, slechte tijden
|
17 September
Bogenoemde was 13 jaar gelede die titel van 'n tv-reeks in Nederland wat ek tog so kon geniet - was maklik om hul Nederlands te volg en ek het bedags as dit te koud was om uit te gaan daar in Ankerstraat, Scheveningen, soms daarna gesit en kyk terwyl Henk by die werk was. Dan kook ek tussenin lekker groentesop en stoom elke ruitjie toe in ons honderde jare oue vissershuisie waarin ons so lekker gewoon het. Maar, nostalgie opsy: Dis lente! Ons kruip eindelik uit ons hibernasiegrot uit, koop blomplantjies, hang eindelik die suikerbekkie-voeder tussen die ander voëlbakkies op - ons eerste blinkswart suikerbekkie maak gou sy verskyning! Ons staan in verwondering oor die bloedmaan en neem dosyne foto's. En ons begin eindelik bietjie lysies maak vir ons trip in Oktober - meer hieroor later. Dit is/was die goede tijden ... Kry ek Henk vroeër die maand so jammer; Hy was van die Maandag tot Vrydag by vyf verskillende dokters! Eers GP, toe internis, toe kardioloog, toe chirurg en kom ons gooi nou sommer die narkotiseur ook in die mix. Maar, alles het goed afgeloop! Hy is eintlik perdfris volgens alle uitslae! Na 'n goeie dosis binneaarse ysteraanvulling kon hy met nuwe moed uit die statige ZAH stap - sal moet leer om meer vleis en minder kaas te eet, klink dit vir my! Einde toe nog nie in sig nie! Terug in die laeveld moet hy 'n nuwe internis besoek én weer by die GP inloer! As ons einde Oktober terug is van Nederland af, gaan hy eindelik vir 'n breukoperasie en hopelik kan hy dan gesonder voel en weer tot ruste kom. (O ja, in sy man cave begin woeker!) Ons wens die heeltyd om eerste lentereëns te kry. En daar open die hemele op 16 September en ons hele huis oorstroom. Die huis is laer as die straat geleë en vanweë swak onderhoud deur ons munisipaliteit van die stormwaterdreins , stroom die water direk in ons erf in, elke keer as dit baie reën. So, ons rustige Sondagaand is wreed onderbreek - elke liewe droë lapding, handdoek, kombers, duvet, ens is op die vloere gegooi met die hoop dat dit vloere droog sal suig. |
Emmersvol water is opgeskep en weggedra, ook die Maandag was ons besig. Tussenin is elke lapding ook weer gewas en opgehang! Dinsdag was die huis eindelik redelik oukei.
Henk is tans besig om waterwerke soos net Nederlanders kan, te beplan. 'n Kleinskaalse Maeslandkering is op pad! Groete Stephanie |
|
KOMMENTAAR:
- Sterkte Henk ek hoop jy voel spoedig beter. Luister as Stephanie praat neh ! Meisie - Dankbaar Henk is gesond. Met die yster aanvulling sal hy eersdaags perdfris wees. H Bosse |
- Hy het al my simpatie. Ek sal ook eerder kaas as vleis eet!!!
A Vermaak - Ek is bly dit gaan beter! L Entres - So dankbaar hy is ok. S Stark |
Skete en feeste
|
Julie
Dis koud hier langs die gorge dié winter. Dae is kort en die nagte tog so lank! Henk kry saans koud in die huis sonder Europese binneshuise verwarming. Vir my is dit normaal - trek dikker aan en gooi komberse oor! Ons het besluit om teen wil-en-dank op te hou om die oefenfiets en treadmill te ignoreer - ons is totaal onfiks! Die ledemate voel stram soggens en ons neem 'n tydjie om weer geolie te voel. Die enigste manier wat ek die verveeldheid op die treadmill kan oorkom, is om tenminste bietjie nuus of 'n oggendprogram te kan kyk. Gelukkig is dit alles so ingerig en daar is geen verskoning meer nie. Sugggg ... Ons het ons skete, ek is oortuig daarvan dat ons nie genoeg sonlig en vars voedsel inkry nie. Nee, dis net sop, bredies en pasta. Ek probeer selfs tomaatsoep met ballen soos in Holland te maak want mis dit! Beslis te veel lekkernye, weet ek vir 'n feit. En wie kan dan nou slaai in die winter eet? Maar ons drink maar vitaminepille en probeer meer groente eet. Henk is kortasem; vir my raak sluk moeiliker - ons weet albei ons moet weer bietjie werk maak van ons gesondheid. Vinnig is dit gereël: Henk se bloedverdunningsmiddel word aangepas en dit gaan bietjie beter. Ek word gebook en onder narkose word my slukprobleem opgelos. (En binne drie dae oorval die lus vir 'n hengse steak my!) Die dogters verjaar beide in Julie en terwyl ek vir my Schengen-visum moet gaan aansoek doen, kombineer ons dit sommer met 'n heerlike braai saam met die kids. En ek kry my sappige steak, en waardeer dit inniglik! Dit was té lank dat ek nie meer rooivleis kon verslind nie! Henk het 'n opvolgondersoek in September by sy kardioloog. Ons wil bietjie gaan reis in Oktober, so ons moet regkom! Alle duime en tone ... Groete Stephanie |
KOMMENTAAR:
- Skete gaan weer ook weer oor. Vasbyt sodra dit warmer is, is die pyne minder!
B Venter
- Skete gaan weer ook weer oor. Vasbyt sodra dit warmer is, is die pyne minder!
B Venter
Wolkombers van aftrede
Junie
Dis vir ons steeds moeilik om nie meer sedert einde 2024 daagliks besig te wees met besigheid nie! Dit is asof ons koppe vir ons sê, daar is werk om te doen! Ek moet ook erken, as ons dan besef, nee! ons hoef nie meer nie, ons is amptelik "afgetree", sak daar so 'n heerlike vrede oor ons. Ag wat, kom ons eet sommer ontbyt in die bed vandag ... Of draf 'n hele tv-series kaf, van begin tot 10 episodes later.
Oeee, dis salig - maar die skuldgevoel pop nog steeds nou en dan op.
Ek moet erken, ons het dié winter lekker lui geword. Skielik ervaar ons geen druk nie, hoe vreemd? Dit het so erg geword dat ons deesdae baie stadig werk aan die huis voortsit - dit terwyl ons albei eintlik ongeduldig en haastig van aard is. Soms begin iets ons irriteer en dan spring ons gou in vir 'n paar dae, net om dan weer terug te val in die wolkombersie van aftrede!
My liefde vir helder kleure het darem onlangs op die skewerige mure tot werklikheid gekom: Die gangmuur is kanariegeel geverf, geel tulpe in Keukenhof beslis 'n verwysing. Ander aksentmure is ligblou gepoeier soos 'n helder dag daar langs die koue Noordsee, en dan is daar hier en daar 'n preutse liggrys soos 'n mistige oggend hier teen die berg. Maar, ek is nog nie klaar nie, so hou hierdie spasie dop!
Ons voel soms asof ons op 'n ewige vakansiewegbreek is. Staan laat op, ry dalk bietjie iewers heen tussen die groen, geurige plantasies deur, koop 'n sakkie vol lekkernye by Woolies in Witrivier, 40km van ons af, koop dalk blomplantjies vir die potte om die huis, spot 'n arend of kleurvolle loerie in die erf of geniet net die warrelwindjie van frette of songeel kanaries buite ons kamervenster waar die houers vol saad hang.
Is ons geseënd of wat? Ja, en ons waardeer elke oomblik, elke dag! Wag maar, sodra die winter verby is, kruip ons ook soos lui ysbere uit ons skuilte uit en begin weer lewe kry!
Groete
Stephanie

- Julle verdien dit ook om bietjie rustiger te lewe, so geniet daai lui dae!
S de Jongh
- Ons plus 70'gers mag maar! Ek dink ons is gebore met 'n skuldgevoel - let it go en enjoy die lewe!
R v d Merwe
- Julle verdien dit ook om bietjie rustiger te lewe, so geniet daai lui dae!
S de Jongh
- Ons plus 70'gers mag maar! Ek dink ons is gebore met 'n skuldgevoel - let it go en enjoy die lewe!
R v d Merwe
KNP roep alweer!
|
11 Mei 2025
Die gogga het nog nie seer genoeg gebyt nie en die kar word (lig)gepak - dié keer gaan ons weer vir 'n slag Berg-en-Dal toe. Soos altyd gaan ons by Phabeni-hek in en ry dan luilekker suidwaarts totdat ons laatmiddag kan afpak en rus - en dalk bietjie braai? Kyk, Henk hou eintlik van braai - het dit geleer doen nadat hy in 2012 weer ná 40 jaar in SA beland het. Maar, hy is nie 'n boer nie. Daarom braai ons maar min - nie dat ek omgee nie, want, omdat ons nie groot vleiseters is nie, voel ek altyd dis 'n mors van tyd om al die moeite te doen net vir ons twee. As ons kuiermense het, braai ons graag vir die gezelligheid, maar ek vermoed baie minder as ander SA'ners. Daar onder die helder en sterreryke uitspansel, knus tussen die rotskoppies van Berg-en-Dal, gesels ons gedemp oor die dag - die groot troppe olifante, buffels, renosters diep in die ruigtes, die skugter steenbokkie, om nie van die beeldskone luiperd in die boom te praat nie! Onder die helder maan het die verskillende dieregeluide ons weer één met die natuur, die heelal, laat voel. Dankbaar vir die eer om op die voorstoep van hierdie natuurwonder te kan woon. Ons weet, ons kom weer een van die dae ... Groete Stephanie KOMMENTAAR:
- Die KNP is voedsel vir die siel! En daardie bosveldreuk vroeg oggend, doen net iets aan my! A Vermaak |
Man cave en kuierkinders
25 Maart 2025
Ook op ons huisverbeteringslysie, is noodwendig 'n werkplek vir Henk, in die vorm van 'n motorhuis. Glo my as ek sê, die man was soos 'n seuntjie met 'n nuwe fiets toe die roldeur die dag geïnstalleer is!
Wat is dit met die manlike geslag?
Binne 'n paar dae is die huis 50% ligter soos wat hy sy opgegaarde dinge uitdra soontoe. Ek slaak net 'n sug van verligting! Nooit meer hoef ek hom te verwyt oor al die onnodige planke wat oral agter deure en bo-op kaste gebêre word vir "een dag as ek dit nodig kry" nie. Hy begin dadelik sy grot daar lekker inrig en is nie suinig om nuwe toerusting en gereedskap aan te skaf nie (asof daar nie genoeg is nie). Sy toonbanke is vinnig in en nou kan hy na harte begin werskaf aan al daai amper vergete dinge: Die kassie met die glaasdeurtjie wat 'n agterkant kort, 'n paar rakke vir kamers, my oorlede pa se pragtige verwaarloosde kas (Pa kon mooi houtwerk doen) moet gerestoureer. Die horingoue swaar houtlaaikassies wat hy by sy ouoom van Nederland geêrf het en met die boot ingevoer is in 2013, kort baie aandag.
Tot op datum kon hy nog nie baie alles uitkom nie, maar, die hoop beskaam hom nie, toch? Een van die dae is al die mediese uitdagings agter die rug, dan gaan die splinters spat daarbuite!
En kinders van Nederland kom binne 'n paar dae dié rigting. Ons gaan beslis inhaal en lekker kuier. En braai ...

- Henk gaan hard werk, sien ek. Hahaha!
P Maree
- Henk gaan hard werk, sien ek. Hahaha!
P Maree
Troudag in die KNP |
|
6 Maart 2025
'n Groot rede vir ons om hier te wou kom aftree, is beslis die nabyheid van die wildtuin. Ons spring maklik onbepland in die Subaru en gaan sommer net vir 'n dag bos toe. Ná die duur badkamer was ons suinig om te gaan oorbly, maar gun dit toe tog vir onsself - so lekker om in 'n kamp te gaan bly en meer tyd te hê om alles te kan geniet. Dis ook weer tyd vir 'n Wild Card - baie goedkoper vir ons aangesien dit Henk as buitelander baie duur is om in te gaan.
Dit is ons 10de huweliksherdenking en ons is bly ons kan onsself gaan bederf. Ons val vroeg-vroeg in die pad soos ons ritueel bepaal - padkos ingepak en kameras gelaai. Dié dag is dit helwarm! Die arme diere skuil teen die hitte en ons is dankbaar dat ons bietjie vroeër by die lugversorgde rivier-chalet in Skukuza kan gaan inbook. Ons was deur die jare heelwat kere juis daar maar nogal lanklaas ... en wat 'n teleurstelling: Die heining is so oorgroei dat mens nie meer die rivier kan sien nie. Daar is ook nie meer soos in die verlede lekker bankies om na die olifante en krokodille in en langs die Sabierivier te sit en kyk nie. Die vrekduur chalet lyk binne soos 1-ster blyplek! 'n Ou hangende houtrakkie probeer die mikrogolfoond balanseer, daar's nie warm water in die stort nie en op 'n sad lae tafeltjie is breekgoed gepak. Ons kyk nou nie juis TV as ons daar is nie, maar die televisie werk in elkgeval nie.
Ons klink later so teen sononder 'n koel wit wyntjie op ons wonderlike jare saam en besef, die wildernis sal altyd die moeite werd wees, desnieteenstaande die teleurstellende blyplek. Sulkes het ons ook al baie in ons reise saam ervaar: Die weird hotelletjie in Florence met die enorme bad wat jy slegs met hoë trappe na onder kan bereik, die muskietkamer in Montenegro toe ons nie Doom byderhand gehad het nie, die woonstel in Gent waaruit ons moes vlug weens die sesvoetiges op die witterige deken, die blou styltrap-apartement in Scheveningen (kon nie ons bagasie bo kry nie, moes vir die Nederland seuns wag om te kom help) en die ongerieflike selfsorgeenheid in Faerie Glen.
Ek weet ons gaan gou weer wildtuin toe kom, maar die rivier-chalets sien ons nie weer nie. Dan liewer Berg-en-dal, Satara of Onder-Sabie. Hoop ons word nie weer teleurgestel nie!

- Aaaa..wonderlik, sjoe kan nie glo dit is al tien jaar nie So bly saam met julle en wens julle soveel vreugde en liefde toe vir nog baie mooi jare. Hermalene - Baie geluk! Mag julle nog baie gelukkige en geseënde jare hê! M de Beer |
- Veels geluk met julle huweliksherdenking! Mag goedheid en guns julle volg al die dae van julle lewe. Geniet!
A Muller - Tien jaar is lánk as mens eers laat by jou sielsmaat uitkom. Geluk, julle 2 geliefdes, en mag daar nog baie herdenkings wees. Marita v d Vyver |
Huisverbeterings is nie 'n grap nie
|
Februarie 2025
Geen mens van ons ouderdom is onbekend met huisverbeterings nie. Ons wou hierdie huisie teen die koppie weer 'n bietjie vasvat nadat ons die laaste jare meer in Pretoria en Nederland was, as tuis. So maak ons toe daai onvermydelike lysies en begin begroot. Eerste op die lys is ons badkamer. Die horingou, growwerige, oorgroot bad moet uit. Dubbelwasbakke, groot reënstort, nuwe teëls en mooi krane is ons droom. Dan natuurlik 'n betroubare installeerder. Ons skrik toe nogal oor die groot uitgawe - maar ons moet iewers begin om die voordeel van die verbeteringe in ons leeftyd te kan geniet ... toch? So word alles stuk-stuk van Mbombela af aangery, datums vasgemaak, ons trek by 'n ander kamer in en maak gereed vir geraas en stof. Die dorp sukkel met krag en die arme ouens moet deur die dik ou honderdjaaroue mure probeer boor met 1 fase-krag. Ons wil na die vierde dag die berge invaar, byt toe maar liewer vas, en eindelik is alles in plek en opgeruim. Nog 'n boksie getiek ... Groete Stephanie |
|
KOMMENTAAR:
- Mooi so! So stadig maar seker val dinge mos in plek!
S de Jongh
- Foto's asb! Ek onthou nog die huis soos dit jare terug gelyk het. Altyd oulik met baie potensiaal!
Adrie
Een van die dae - sal sommer dan al die verandering in een plasing wys. :)

Goggas en dinge
|
24 Januarie 2025
Het julle ook 'n geheime troetelgogga in die huis iewers? Agter 'n kas in ons badkamer, hang my bibberende daddy long legs - wat ek nie gaan uitmoor nie. Hy vang die kleiner peste en ek dink net ék weet van hom. Ons pla mekaar nie. En dan ons verskeidenheid geitjies: Die groterige ligpienk een wat teen die rand van die plafon jag, die mini's wat rondskarrel en die stadige ou wat bo in die hoek sit en sy prooi fyn dophou voor hy blitsig toeslaan! Spinnekoppe en muskiete is skaars deesdae ... ons klein jagters hou hulle onder beheer. Ook het ons 'n redelike groot stoeppadda. Hy woon tussen ons welige blomplante en hop soms oor die voordeur se drumpel. Ek gril glad nie vir paddas nie en help hom dan net weer geduldig buitentoe. Slange(tjies) is nou 'n ander saak ... hulle verjaag ek vinnig met 'n KOMMENTAAR:
- Julle is so bevoorreg met al die gogga dierekinders. Lekker om almal so in vrede saam te leef. Geniet hulle. Dis nie almal beskore nie. A Muller -Ons het verskeie geitjies in ons huis. Ons kleinste kleinseun verwys na hulle as Akkies. L Entres - Ja ja, dit het ons almal. Tot vriendjie met ronde oortjies en lang stert wat maar dopgehou moet word nê. Geen toegang. S Stark Ek het 4 van dai babino geitjies, grootes 2 kleintjies, en dan n akkedis onder my yskas, wat die wereld vol poef, hom wil ek uit he, hy is of sy is so dik soos n seekoei, dink di yskas onder is sy paleis. Z Marais - Dit klink nou amper soos die Hall huishouding! R Hall |
besem van die stoepe af. En dan háát ek die reuse tuinslakke - so groot soos 'n man se vuis - met hul vermetele slympoor teen die wit buitemure soggens, waar hulle dan bly sit net om my te laat gril!
Ons woon in 'n welige omgewing en dit bring sy eie uitdagings. Maar ons lewe in vrede saam met ons medebewoners - was hulle nie maar eintlik eerste hier nie? Groete Stephanie - Ek het onder my hangkas ń padda wat seker al 3 jaar daar woon. Ek verneem dis ń "raaspadda" nie so lelik soos die brulpadda nie. Snags loop ons mekaar in die gang raak. En so oulik om te sien, die Yorkie soen hom op sy bek! Want ek het hom geleer "dis ons padda" M de Villiers - Ek is lief vir hulle almal, hier by my het ek ook van die gecko's en spinnetjies maar ek het so lank laas n padda en n trapsuutjie gesien. M Smit Hier is akkedisse (hordes). Ek roep, dan kom eet hul. Ek voer hul meelwurms. D Chalmers - Ek het hordes akkedisse en geitjies. Gelukkig nie ander goggas nie. A Vermaak - Nee my Kat roei alles uit. M Hoffmann |
Visum Blues
|
7 Oktober 2024
Ná amper twee jaar se wag, het Henk uiteindelik verlede week weer 'n 'spousal' visum gekry. Maar, net vir twee jaar dié keer. So was ons reeds op gereedheidsbasis om volgende week Swaziland toe te ry vir daardie stempel in sy paspoort. Dan sou hy 90 dae gekry het, soos die laaste twee jaar terwyl hy moes wag. Mense dink dis maklik as mens getroud is vir jou oorsese man/vrou om in SA te kan bly en hier 'n rustige lewe te lei. Dit is belaglik wat aangaan! Die Dept v Binnelandse Sake is blykbaar besig om eindelik die afgelope jare se visumagterstand van 92 000 in te haal. Good for you, dr Schreiber, nuwe minister van dié departement, ons is selfs oor naweke gebel hieroor, so hulle werk hard! Dalk is sy volgende taak om visums vir amptelik getroude buitelanders wat tenminste geld ín SA inbring, langer te maak en vinnig af te handel (en dié wat ons land kom leegsuig, buitehou)? Foto's: Henk, terwyl hy in die hetige son vir ure in toue gesit en wag het. Mwah, arme man van my. xxxx Groete Stephanie |
KOMMENTAAR:
- Dis onnodige stres!
S Stark
Jy weet dan, vriendin!
- So bly hulle vorder darem!
M Bergh
Ons glo ook dit sal darem van nou af beter begin gaan!
- Baie bly vir julle, ja die dinge neem erg tyd! Ander oorsese lande raak ook al hoe strenger vir buitelanders.
Hermalene
Dankie vir jou ondersteuning :)
- Dis ongelooflik dat die administrasie so stadig is.
Letitia
Nuwe minister!
- Enige iets by binnelandse sake is n orgie!
Zelda
Omtrent!
So vêr so goed!
Antoinette
Ja, ons hou duimvas!

1 Oktober - en daai fees
|
1 Oktober 2024
Dis 1 Oktober en dié datum sal altyd vir ons uitstaan. Dit was altyd opwindend en lekker maar, oeee, hoe verlig is ons nie vandag nie! Nooit weer hoef ons paraat te sit en wag by die André Rieu-webblad om konsertkaartjies vir 60-plus toerlede vir die volgende jaar aan te koop nie! Niemand wat dit nog nooit moes doen kan weet hoe stresvol dit is nie. Die sekondes tik af en op die kop 11 uur maak die proses oop. Jy staan in 'n wêreldwye virtuele ry en moet so vinnig moontlik die beste kaartjies probeer koop - jy het net enkele minute om dit vas te maak anders word dit voor jou neus weggeraap. Drie van ons koop gelyk op eie rekenaars maar binne enkele sekondes is die beste plekke reeds uitverkoop. Niemand het beheer oor die proses nie - jy moet vat wat jy kan kry. Ons kon gelukkig altyd relatief goeie plekke vasmaak - name word later uit 'n hoed getrek om te bepaal wie sit waar, en niémand sal alleen sit nie. Foute aan hulle kant gebeur ook, dan is dit 'n hele proses om dit terug te draai. En dan, amper 'n jaar in die toekoms, is die groot dag daar. Die mense tof op en gaan woon hulle held se formidabele konsert by. Die volgende dag is almal paste en sit soos zombies in die bus - die aand was groot en het tot diep in die nag voortgegaan. Bucketlist oomblik! Ons is bly ons kon dit vir toerlede moontlik maak. Tot wederom! Stephanie |
KOMMENTAAR:
- Als julle ooit weer n " golden oldie" toer sou beplan... sê ek sommer by voorbaat...
Ik ga mee !!
Mirie
Sal jou onthou!
- Veertjie in jou hoed Stephanie Rappard . Dankie vir al julle moeite en opofferings. Groot waardering daarvoor.
Antoinette M
Ai, dankie vir jou ook! Was baie lekker om jou, met daai pragtige glimlag, saam met ons te kon neem!
- Niemand maar niemand sal ooit verstaan voordat hulle dit self moes doen nie!! Daar sit jy al 'n hele paar grys hare en jare by jou ouderdom van stresvolle oomblikke!!! Maak nie saak hoeveel keer jy dit al gereël het nie, jy kan nie altyd waarborg dit verloop soos wat jy beplan nie!! En ek moet sê vd begin van kommunikasie met jou en Melanie was ek nooit 'n naam en 'n nommer nie, maar 'n persoon wat met baie geduld liefde en deernis behandel is!! Na ons Nederland se toer voel ons soos familie!! Baie liefde en respek vir julle!!
Ansie Dumas
Liewe Ansie, ons waardeer jou! Ons voel presies so!
- Baie dankie dat julle bereid was om deur al die stres te gaan. Dit was vir ons ‘n ongelooflike voorreg om die laaste toer mee te maak. As dit nie vir julle was sou ons nooit die bucket list oomblik kon af tik nie. Geniet die rus en vrede!
Gerda A
Gerda, dit was eintlik opwindende tye en deel van die pret - ons het uitgesien om toerlede elke dag te gaan verras met iets nuuts en verrykends so het alles met positiwiteit en liefde beplan. Maar, dis snaaks as mens nou terugkyk en sulke oomblikke herroep, besef jy eers wat dit regtig behels het. Ons was regtig ná die laaste toer gereed om die lewe rustiger te begin vat. Dankie vir jul dierbaarheid - julle word opreg waardeer!

Die kwaai tannie en die kierie
|
30 September 2024
Ons haal vandag weer ons hoed af vir die wonderlike mense wat met loopgebreke wél elke oomblik tydens 'n toer kon geniet en nooit gekla het nie - julle is ons sterre en ware reisigers! Dan weer, kry jy ongelukkig mense wat graag wil toer, maar eintlik nie kan bybly nie. Dit is nou maar so en daarom het ons voortdurend vooraf gewaarsku dat die toere baie trappe en wandelings (en eie bagasie behartig) behels. So het ons het dié enetjie voor een toer dadelik al uitgeken: Begin al op die vooraf-Whatsapp-groep oor ons en die toer wat nog voorlê kla. Lees uiteraard nie ons oneindige leesstof en e-posse nie. Sugggg ... So weet ons al klaar wat om te verwag, en is nie "teleurgestel" nie: Toerlede lag te hard, daar moet te ver geloop word, sy hou nie van wat geëet word nie, kritiseer die hotel, die bus, bote, die besienswaardighede - en ons. Ons weet reeds daar is geen salf te smeer nie: Hoe hou jy iemand tevrede met sulke negatiewe energie? Die res van die mense geniet hulle gelukkig gate uit. |
Die spesifieke dag arriveer ons vroeg by die hotel en moet oor 'n klein boogbruggie tot by die ingang stap. Ons het gereël dat die bagasie gestoor word totdat dit tyd is om in te boek - intussen is daar 'n wonderlike historiese stad om te voet te gaan verken (is dit nie wat mens in Europa doen nie?). Maar, ja, die vorige dag al is die ou gesiggie al opgemerk toe ons wafels sou gaan eet - die dame het net haar neus opgetrek en wipperig haar eie rigting ingeslaan. Darem jammer as mense nie verstaan dat jy in België wafels of friet moet probeer nie. (Of in Nederland pannekoek en poffertjes nie).
Terug by die storie: Met baie gemor klim sy uit die bus want is uiteraard nie lus vir wat voorlê nie. Toe sy haar kierie laat val, buk Henk galant en tel dit vir haar op. Sy ruk die kierie woedend uit sy hand uit, en dit lyk asof sy hom sommer daarmee wil bykom! Verbaas kyk hy haar agterna waar sy brommend hotel toe loop. Ook in die foyer gooi sy haar speelgoed uit die kot uit omdat sy nie dadelik haar kamer kan kry nie en dit op ons wil uithaal. Weer eens nie geluister wat die reëlings was nie.
Ons kon nie help om later bietjie te giggel daaroor nie - dit was eintlik erg komies. Soveel mense soveel dinge - ons lag soms dat die trane loop!
Tot gou weer - friete en wafels vir julle toegewens!

- Ja nee. Ons kry die Debbie Downers oral.
Groete,
Christa F
O ja!
- Lekker lag ek ook nou. :-) Ons het elke aand op ons beddens gelê en lag oor die dag se dinge en gebeure.. ook oor dit wat van die lede gedoen en sê het... of oor gekla het. Negatiewe mense moet nie met n toergroep gaan nie. Hulle moet hulle eie groep wees.. :-)
M Jordaan
Sê ons ook! Dankie vir die prentjie van julle twee. Haha
- Ai Stephanie hoe lekker lag ek nou, as ek net geld gehad het het ek saam gegaan met julle toer. Henk moes sommer daardie kierie 'n ent verder gegooi het en gesê het nou tel dit self op. Ek love daardie stappies in Nederland as die heup dit net hou.
M Smit
Glo my as ek erken mens moet maar net kners op die tande!
- Julle was altyd die bestel!! Elke persoon in 'n toergroep het vir julle saak gemaak!! Ek sou wat wou gee om dit 'n paar jaar vroeër te kon doen!! Maar het dit elke oomblik geniet en die memories is kosbaar!!
Liefde
A Dumas
En jy was 'n blink ster op die toer! Haal my hoed vir jou af, dankie Ansie.
- Liefste Stephanie en Kie,
Hoe heerlik om weereens van jul te hoor dit bring vanoggend weer wonderlike herinneringe terug. Julle Nederland toer 2024 was en is een van my top beste toere ooit gewees. Julle familie absoluut wonderbaarlik.
Verlangende Fransien
Baie dankie vir die mooi woorde en weet net, jy was een van ons mees geliefde toerlede ooit en ons dink nog baie aan jou! 'n Lewensblye en positiewe mens soos jy is vir ons almal 'n inspirasie!

Herfs in Nederland ...
|
16 September 2024
Dit is tans Herfs in Nederland en dié seisoen was nog altyd vir my 'n wonderlike seisoen daar. (Ons het voor Covid ook 'n Herfstoer aangebied om saam te val met die jaarlikse Jazz in de Gracht-fees in Den Haag.) Sit ons onlangs een aand by De Paas, ons 2012-blyplek se bootkroeg in die Dunne Bierkade, en kon ons nie anders as om terug te dink aan die daardie jaar toe ons mekaar weer ontmoet het nie. Dieselfde seisoen en datums, dieselfde skakerings van herfskleure, dieselfde atmosfeer. As toegif kon ons die vorige week ons eertydse museumhuis waar ons gewoon het, saam met 'n begeleide toer weer gaan besoek! Ons het deelgeneem aan die Buitenmuseum se aanbieding oor die Goue Eeu se een skilder, Jan Steen in die Paulus Potter-huis en dit het 'n toer deur die Van Goyen-huis ingesluit. (Jan Steen was Van Goyen se skoonseun.) Ja, daar was die knus antieke bedstee natuurlik toe steeds - kraalogies-porseleinpop by die koppenent soos ook 12 jaar terug. Dáár het ons met ons skootrekenaars gesit, dáár het ons kosgemaak ... dáár het ons 'die gedaante' gesien! (Die ander gaste én toerleier het ons vertelling van die verskyning verskriklik geniet! Ons verstaan ons storie word tydens museumtoere vertel.) Dinge wat ons mis as ons terug tuis in SA is, is beslis die gerief van 'n trem, en, soos altyd, liplekker kaas, sop, bitterballen en ander Nederlandse eetgoed. Die grou ou Noordsee het 'n spesiale plek in my hart en ek sien uit om gou weer oor hom te gaan tuur. Die beeldskone tonele wat ek op kamera kan vaslê, my geliefde bloue Delft en die baie water oral, mis ek altyd weer as ek weg is daar. Mooi vir my is ook my ou Lief se blywees om elke keer weer terug in sy land te wees, sy kinders en kleinkinders weer te sien en in sy eie taal te kan kommunikeer. (Vir my is die teenoorgestelde waar - ek mis Afrikaans daar en om dadelik verstaan te word.) Dinge wat ek nié mis nie, is beslis die vlugte, ongeduldige fietsryers, die ver afstande stap in slegte weer en hoe duur alles in Rand-waarde geword het. As mens 'n auto huur, is parkering 'n groot en duur probleem, sodat dit glad nie 'n goeie idee is nie. |
Bo: Die Van Goyen-huis in Den Haag waar ek en Henk in 2012 gewoon het, met (onder) die skilder se werkkamer vanuit die 1600's (My serp hang oor die skerm regs.)
Jip, soos alles in die lewe, is hierdie ook give and take. Ons kan onsself nie van een van ons twee lande af losmaak nie - die (veral emosionele) prys sal té hoog wees.
So, noudat ons nie meer die toere doen nie, kan ons ook ons eie tye en seisoene kies om oor te gaan. Maar, vir eers het ons 'n ou karaktervolle huisie teen 'n berg op die platorand om te gaan renoveer - en daar sal ons sonder twyfel eersdaags in die laaste strale van die son wat wegraak agter die berge, weer begin planne beraam vir ons volgende kuier in koue Kikkerland! Tot volgende keer, lente én herfsgroete, Stephanie |
KOMMENTAAR:
- Altyd daai keuses in die lewe, Stephanie. Moeilik om die goue middeweg te vind, so sterkte!
Hennie
Dankie, ons probeer!
- Klink magical, lekker gelees, dankie.
RDJ
Baie dankie.
- Altyd daai keuses in die lewe, Stephanie. Moeilik om die goue middeweg te vind, so sterkte!
Hennie
Dankie, ons probeer!
- Klink magical, lekker gelees, dankie.
RDJ
Baie dankie.
'n Bustrippie om te onthou!
|
9 September 2024
Ons was op pad na ons afskeidsete tydens een van ons Lentetoere na Nederland in Mei 2023. Ons toerlede is gevra om by die busstop naby die hotel in Scheveningen bymekaar te kom sodat ons met 'n stadsbus hawe toe kon ry. Ons bestemming was die oulike eetplek, Oma Toos, waar ons met elke toer heerlike Nederlandse kos gaan eet: Visserspannetje, gehaktbal en stamppot, rookworst of geurige soep met broodjes ... mmmm! Ek en Henk het die groep ingewag en weer eens gewaarsku om uit die fietspad te bly. Mens moet wel oor die fietspad stap om by die trem en bus uit te kom, maar die reël is: Fietsers kom eerste, so kyk links voor jy daar oorstap. "Ons klim voor by die busbestuurder in," waarsku ons mense, "nié enige deur soos op die trem nie!" Die groep bestaan dié slag uit so 25 mense van oral in Suid-Afrika. Dit was lekker om almal te ontmoet en ons het vinnig gesien hoe almal reageer en optree - mense verskil uiteraard. Jy kry jou tipiese ware reisigers wat elke oomblik geniet en alles rondom hulle inneem; sommige is nuwe reisigers wat net te heerlik is om saam te hê! (So is daar ook soms die één wat net nog 'n bestemming op sy/haar lysie wil aftick - reis meer vir status en bragging rights as vir 'n ware dieper ervaring. En, ons gee regtig nie om nie - each to his own. Moet net nie ons ander dierbare toerlede se reis vergal nie, asb.) Nadat almal eindelik gearriveer het om bus te ry, en ons aanhoudend vertel hoe dit gaan werk, arriveer die bus. Gelukkig het die meeste mense geluister en stap soos echte Nederlanders voor by die bus in en swipe hul kaartjies heel professioneel. 'n Groep storm egter by die agterdeur in - wat nie toelaatbaar is nie want jy moet voor betaal! |
Ons staan met waaiende arms en probeer keer, maar hulle storm net reg verby ons, amper oor ons!
Een van die oulike oud-skoolhoofde brom vererg: "Hemel, hulle laat my dink aan die skoolkinders se ouers wat nooit énigiets lees of hoor wat mens ooit deurgee nie!" Ons vra die busbestuurder om verskoning en hy lag maar net agter sy hand en skud sy kop. "Toeristen uit Zuid-Afrika?" Ons lag maar net saam. Die ete was soos altyd uiters suksesvol en almal vang later weer die bus terug hotel toe. Sommige stap langs die see terug en geniet die koue seelug daar langs die ysige Noordsee. Ons gaan terug na ons appartementje toe in Badhuiskade, reg by die tremstop en bo-op die Italiaanse eetplek. Ons is moeg maar baie tevrede: Was ons dan nie dié dag weer so gelukkig om nog 'n slag in Keukenhof te kon draai nie? Groete! Stephanie |
KOMMENTAAR:
- Ek het hierdie vertelling so geniet. Sien dit voor my geestesoog. As oud onderwyser kan ek myself goed versoen met die skoolhoof se opmerking. Tipies. Niks het nog ooit verander nie.
Reisgroete.
R Jonker
Dankie vir jou lekker terugvoering! Baie groete.
- Ai mense en hul dinge! Lekker gelees, doe zo voort!
Groetnis
Susan V
Bly om te hoor. Groete.