• TUISBLAD
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Reisblog
  • Toerpret in beeld 1
  • Toerpret in beeld 2
  • Kontakvorm
  • AfriNed humor
RAPPARD REISE
  • TUISBLAD
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Reisblog
  • Toerpret in beeld 1
  • Toerpret in beeld 2
  • Kontakvorm
  • AfriNed humor
Picture

OPWINDENDE AANKONDIGING:
Ons hervat ons gewilde:

"Blomme en Bootjes"
Nederland-toere

APRIL 2027!

2027 TARIEF:        
R43 000 per persoon wat deel
Enkeltoeslag is R11 500 pp ekstra  Reistarief: R54 500 per enkelpersoon*
*LW Hotelle se enkelkamertariewe is hemelhoog en toerorganiseerders het geen beheer daaroor nie. Neem 'n toermaat saam en spaar!

Betaal jou toer dmv maandelikse paaiemente af!
BESKIKBARE DATUMS 2027:
​

REISNAAM         VERTREK uit SA                LAND terug in SA
LENTE 1:              Dinsdag 30 Maart           Donderdag 08 April
LENTE 2:              Dinsdag 06 April              Donderdag 15 April
LENTE 3:              Dinsdag 13 April              Donderdag 22 April
LENTE 3:              Dinsdag 20 April              Donderdag 29 April​
In- en Uitgesluit by tarief en Afbetalingsmoontlikhede

MEER OOR TOER
Die epiese “Blomme en bootjes”-toer val saam met die beroemde sprokiestuin, Keukenhof se openingstye van slegs 6 weke per jaar. Saam met die vlugte (1 oornag elk) en die vertrekdag is die reis 10 dae lank – 7 nagte en ± 8 dae in Nederland. Rappard Reise se hantering van elke faset van jou reis gee die reisiger totale gemoedsrus en die geleentheid om sonder stres elke oomblik net ten volle te geniet. Groepe vertrek vanaf O R Tambo; toer begin amptelik by die hotel in Nederland. Die toere is nie te groot nie – en die beste van alles is dat die Rappards die enigste SA-toergroep is wat totaal op Nederland fokus!

TOERLEIERS
Die Rappard Reise se organiseerders/toerleiers sê Nederland is hul absolute passie! Hul inslag is heel persoonlik en ontspanne van aard aangesien hulle die land so goed ken en elke toer met insig beplan. Henk wil as gebore en getoë Nederlander graag sy land se geheime, wonders en staaltjies met reisgenote deel. Sy Afrikaanse eggenote en reisjoernalis. Stephanie, gee op haar beurt haar eie Suid-Afrikaanse perspektief op die land en sy mense. Soms wissel toerleiers mekaar af en is nog lede van die familie soos kinders en volwasse kleinkinders daar om uitstappies te help lei. Die Afrikaans/Nederland sinergie tussen hulle dra beslis by tot die suksesse van Rappard Reise wat sy ontstaan in 2015 gehad het. Die informele uitstappies word in Afrikaans (met ‘n Nederlandse klankie) aangebied.

HOOGTEPUNTE
Keukenhof word besoek en ons staan lekker tyd aan dié blommeparadys af. Stede soos statige Den Haag, seedorp Scheveningen, goue Gouda en bloue Delft is ook op die program. Die stede is oral vol verrassings! Vir ou-wêreldse sjarme, is die plattelandse uitstappie na dorpe soos die prentjiemooi vissersdorpie, Volendam met sy klein hawe baie interessant. Die beroemde Zaanse Schans met sy langarmmeule is nog ‘n moet-sien plekkie. Tipies Nederlandse werksaamhede soos klompevervaardiging en lieflike winkeltjies en kaasproe word baie geniet. Ons ry oor dyke en vaar oor die wye waters van die Markermeer na die piepklein eilandjie, Marken - Amsterdam word ook per kanaalboot verken om sodoende meer te leer oor dié stad. Vir ‘n fantasie van ouds, besoek ons die De Haar-kasteel naby Utrecht en vergaap ons aan al die prag en praal sowel as die beeldskone tuine. ‘n Selfdoendag en die dag van vertrek (afhangend van vlugtye), gee toerlede die geleentheid om ander plekke en/of museums te gaan besoek. Nederlandse eetgoed word op uitstappies aan toerlede bekendgestel en geniet.
 
VERBLYF
Reisgenote woon in 'n gerieflike vierster-hotel in Den Haag, naby tremhaltes en nie ver van die see af nie. Alle uitstappies word van hier af geloods; soms per privaatbus of trem. ‘n Baie aangename ontbyt word daagliks aangebied. Toerlede kan in hul vrye tyd eetplekke en pubs ontdek, langs die Noordsee gaan stap, konserte bywoon en tot laatnag kuier indien hulle wil.
 
Toerlede kom as vreemdelinge in Nederland bymekaar en gaan as vriende huis toe!

WAAROM RAPPARD REISE?

  • RR is die enigste SA toergroep wat slegs op Nederland fokus 
  • Toerlede word 'n uitstekende ervaring en insig in die land gegee eerder as slegs 'n vinnige warrelwind ervaring
  • Om uitputtende rondtrekkery te vermy, woon ons groepe in een hotel vanwaar alle uitstappies uitgevoer word
  • Ons voertaal is Afrikaans met 'n bietjie Nederlands ingeklits, wat dit baie outentiek maak
  • Die toerleiers het diepgaande persoonlike kennis oor die land, waaroor hul werklik passievol voel 
  • RR bied meer uitstappies aan wat ingesluit is by die toerprys as die meerderheid ander groepe, mét tyd ingebou vir eie ervarings ook
  • Ons ry per trem asook toerbus na die verskillende uitstappies - toerlede word touwys gemaak om self ook met openbare vervoer te kan ry en sodoende ware reisigers te word.
  • Die vierster-hotel bied 'n verskeidenheid dienste aan sodat dit opsigself 'n uiters vervullende vakansie-ervaring kan wees
  • Uitstappies is ontspanne en wandelinge is rustig en sonder haas
  • Alle ouderdomme is welkom op die toere. Senior mense kan veral met geruste harte saamgaan 
  • TUISBLAD
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Reisblog
  • Toerpret in beeld 1
  • Toerpret in beeld 2
  • Kontakvorm
  • AfriNed humor