bied aan, ons gewilde "Blomme en Bootjes"
Nederland-toere April 2027!
Nederland-toere April 2027!
Vir u gerief gee ons u die volgende keuse:
TARIEF 1: R43 000 per persoon wat deel (sluit R14 000 vliegkaartjie-begrotingbedrag en lughawe shuttle na hotel in) *
TARIEF 2: R29 000 per persoon wat deel (koop eie vliegkaartjie en reël en betaal eie vervoer na hotel)
*Vliegkaartjies is op 1 Januarie 2026 bereken toe Lufthansa se retoerkaartjies onder R12 000 vir April 2026 was.
Jaarliks verhoog kaartjies met ongeveer 10%.- 12%, Ons het dit egter begroot teen bietjie meer as 15%.
ENKELTARIEF 1: R54 500 per persoon (sluit R14 000 vliegkaartjie-begrotingbedrag en lughawe shuttle na hotel in)
ENKELTARIEF 2: R40 500 per persoon (koop eie vliegkaartjie en reël en betaal eie vervoer na hotel)
Enkeltoeslag is R11 500 pp ekstra
**LW Hotelle se enkelkamertariewe is hoog en toerorganiseerders het geen beheer daaroor nie. Neem 'n toermaat saam en spaar!
REGISTRASIEFOOI: R350 per persoon
Die registrasiefooi is betaalbaar wanneer die registrasievorm voltooi is. Die fooi verseker jou plek op die toer, sluit 'n 20-bladsy-reisgids in wat alle fasette van die reis
behandel, jou inligting word op die sisteem gelaai, persoonlike state en ander admin word geskep ens.

|
|
BESKIKBARE DATUMS 2027
REIS VERTREK v SA LAND in SA LENTE 1 Dins 30 Maart Don 08 April LENTE 2 Dins 06 April Don 15 April LENTE 3 Dins 13 April Don 22 April LENTE 4 Dins 20 April Don 29 April |
|
WAARBORG: Indien ‘n reislid voor 31 Julie 2026 wil/moet onttrek, sal alles behalwe die registrasiefooi van R350, terugbetaal word, B's en V's geld. Sien onder.
BASIESE BESKRYWING VAN DIE TOER
|
KORTLIKS
Die epiese “Blomme en bootjes”-toer val saam met die beroemde sprokiestuin, Keukenhof se openingstye van slegs 6 weke per jaar. Saam met die vlugte (1 oornag elk) en die vertrekdag is die reis 10 dae lank – 7 nagte en ± 8 dae in Nederland. Rappard Reise se hantering van elke faset van jou reis gee die reisiger totale gemoedsrus en die geleentheid om sonder stres elke oomblik net ten volle te geniet. Groepe vertrek vanaf O R Tambo; toer begin amptelik by die hotel in Nederland. HOOGTEPUNTE Keukenhof word besoek en ons staan lekker tyd aan dié blommeparadys af. Stede soos statige Den Haag, seedorp Scheveningen, goue Gouda en bloue Delft is ook op die program. Die stede is oral vol verrassings! Die plattelandse uitstappie na dorpe soos die prentjiemooi vissersdorpie, Volendam met sy klein hawe is baie interessant. Die beroemde Zaanse Schans met sy langarmmeule is nog ‘n moet-sien plek. Tipies Nederlandse werksaamhede soos klompevervaardiging en lieflike winkeltjies en kaasproe word baie geniet. Ons ry oor dyke en vaar oor die wye waters van die Markermeer na die piepklein eilandjie, Marken - Amsterdam word ook per kanaalboot verken om meer te leer oor dié stad. Vir ‘n fantasie van ouds, besoek ons die De Haar-kasteel naby Utrecht en vergaap ons aan die prag en praal en beeldskone tuine. ‘n Selfdoendag en die dag van vertrek (afhangend van vlugtye), gee toerlede die geleentheid om ander plekke en/of museums te gaan besoek. Oral word die mense en kultuur van die land geniet. |
VERBLYF
Reisgenote woon in 'n gerieflike vierster-hotel in die seedorp van Den Haag, naby tremhaltes en nie ver van die see af nie. Alle uitstappies word van hier af geloods; soms per privaatbus of trem. Toerlede kan in hul vrye tyd eetplekke en pubs ontdek, langs die Noordsee gaan stap, konserte bywoon en tot laatnag kuier indien hulle wil. EET- EN PROEGOED 'n Smaaklike ontbyt word daagliks bedien en stuur almal versadig die dag in. Elke programuitstappie sluit 'n ligte middagete in. Toerlede sorg vir 'n ekstra ete vir hulself indien benodig - die Selfdoendag en laaste dag is ook vir eie sak (behalwe ontbyt). Die hotel is naby talle eetplekke en straatkosplekke geleë en klein supermarkte is binne bereik - daar kan heerlike vars eetgoed aangeskaf word vir dié wat nog 'n honger plekkie het. TOERLEIERS Die Rappard Reise is 'n familiesaak en Nederland is hul absolute passie! Hul inslag is ontspanne en hulle ken die land baie goed. Henk as gebore en getoë Nederlander, deel graag sy land se geheime, wonders en staaltjies en sy Afrikaanse eggenote en reisjoernalis, gee op haar beurt haar perspektief oor die land. Nog lede van die familie soos volwasse kinders en -kleinkinders lei ook sommige uitstappies. Die Afrikaans/Nederland sinergie tussen almal dra beslis by tot die suksesse van Rappard Reise, wat sy ontstaan in 2015 gehad het. Die informele uitstappies word in Afrikaans (met 'n Nederlandse klankie daarby) aangebied. Toerlede kom as vreemdelinge in Nederland bymekaar en gaan as vriende huis toe! |
Klik op die onderskeie skakels vir nog meer inligting