Rappard Reise kondig aan: Hul epiese en sakpasreise:
'Blomme en Bootjes'
NEDERLAND LENTEREISE APRIL 2O26
'Blomme en Bootjes'
NEDERLAND LENTEREISE APRIL 2O26
Wat sê jy: Kom jy ook saam in 2026?
- Is blommekyk in Nederland hoog op jou emmerskoplysie?
- Sou jy graag jou reis rustig vooraf wou afbetaal en skuldvry saamgaan?
- Wil jy jouself liewer sien as reisiger teenoor toeris?
- Hou jy van bietjie meer eie vrye tyd vir eie avonture tydens toere?
- Wil jy beheer hê oor keuses van vlugte/lugrederye?
- Kan jy redelik ver stap, of sal ons sê rustig wandel?
- Is jy verdraagsaam teenoor ander? Kan jy jou emosionele bagasie tuis los?
- Wil jy graag leer oor hoe ander kulture daagliks lewe?
- Glo jy in persoonlike groei deur nuwe ervarings aan te pak?
As jy JA kon sê op die meeste van bogenoemde, is jy op die regte plek! Laat ons jou help om jou droom te bewaarheid!
Ons Rappards, hoogs gewaardeerde toerleiers van talle suksesvolle toere, se passie vir Nederland en medereisigers brand steeds hoog! Ons bied nié toere in 2025 aan nie weens persoonlike redes, MAAR is gereed vir 2026! Ons as senior mense vul ons span aan met jonger familielede wat reeds gesoute leiers in vorige toere was - ons is 'n formidabele span!