Lente Blomme en Bootjes-reis 2025
April 2025
TARIEF 1: TOTALE PROGRAM MET ALLE UITSTAPPIES:
Kamer deel: R39 500 per persoon wat deel * Enkelkamer: R47 000 per persoon
TARIEF 2: PROGRAM SONDER BELGIë-DAGUITSTAPPIE:
Kamer deel: R38 000 per persoon wat deel * Enkelkamer: R45 500 per persoon

Die epiese “Blomme en bootjes”-toer val saam met die beroemde sprokiestuin, Keukenhof se openingstye van slegs 6 weke per jaar. Saam met die vlugte (1 oornag elk) en die vertrekdag is die reis 10 dae lank – 7 nagte en 8 dae in Nederland. Rappard Reise se hantering van elke faset van jou sakpasreis gee die reisiger totale gemoedsrus en die geleentheid om sonder stres elke oomblik net ten volle te geniet. Groepe vertrek vanaf O R Tambo; toer begin amptelik in Nederland.
Vir Rappard Reise se toerleiers is Nederland en die Lae Lande hul absolute passie! Uitstappies word aangebied deur lede van die span soos byvoorbeeld, soms Henk Rappard; as gebore en getoë Nederlander wat graag sy land se geheime en wonders met reisgenote wil deel. Stephanie, sy Afrikaanse vrou en reisjoernalis, gee op haar beurt haar eie Suid-Afrikaanse perspektief op die land en sy mense. Van hul volwasse kinders gaan soms saam en dra by tot ‘n lekker energie! Die uitstappies word in 'n soort Afri/Dutch aangebied wat baie deur toerlede geniet word.
Hoogtepunte: Keukenhof word besoek en ons gaan sommer baie van die water af ook doen, op oop (en half-oop) bote rondvaar. In Nederland word plekke soos Den Haag, Scheveningen, Amsterdam, Gouda, Rotterdam en Delft verken. Ritte deur Lisse en ander kleiner plekkies is ook op ons program. ʼn Heerlike daguitstappie na twee van België se mooiste stede, Gent en Antwerpen waar kastele en sprokies mens hoendervleis kan gee! Ons monde hang oop as ons sien hoe die Hollanders die see uit die land hou en ons smul aan Nederlandse en Belgiese straatkos en lekkernye.
Mense wat op die dag van die België-uitstappie hul eie planne het, kan dit ook baie geniet as hulle iets lekkers beplan.
Reisgenote woon in 'n oulike hotel in Den Haag vanwaar alle uitstappies gemaak word. Hul kan in hul vrye tyd rondstap, in winkels en markte rondsnuffel en tot laatnag kuier indien hulle wil.
Toerlede kom as vreemdelinge in Nederland bymekaar en gaan as vriende huis toe!

BESKIKBARE DATUMS 2025:
Mense moet verkieslik vir meer as een datum beskikbaar wees. Jy kan wel jou eerste keuse aanwys en ons sal daarby probeer hou.
REISNAAM VERTREK LAND
LENTE 1: Dinsdag 01 April Donderdag 10 April
LENTE 2: Dinsdag 08 April Donderdag 17 April
LENTE 3: Dinsdag 22 April Donderdag 01 Mei
Skoolvakansie: Vry 28 Mrt – Dins 8 April
LW Ons het nie ʼn spesiale tydgleuf vir mense in die onderwys nie – daar kan dalk ʼn ekstra dag
of twee verlof geneem word om op ons Lente 1-toer te gaan.
Paasnaweek: Vry 18 April – 21 April Keukenhof: 20 Mrt – 15 Mei