2024 Drie Lande en Rieu-reis
Teen slegs R43 500 (2024) per persoon wat deel! R48 000 (2024) enkel
Indien jy nie die konsert wil bywoon nie, is die tarief R40 500 ppwd en R44 000 enkel
Lae Lande Romantiek en Musiek
Ná sovele versoeke om weer ʼn toer wat ʼn konsert van André Rieu insluit, aan te bied, is ons trots om die Julie 2024 Drie Lande en Rieu-konsert-toer bekend te maak! Saam met die vlugte en die vertrekdag is die reis nege dae lank. Rappard Reise se hantering van elke faset van jou reis, voor en tydens die reis, gee die reisiger totale gemoedsrus en die geleentheid om sonder stres elke oomblik net ten volle te geniet.
Ons reis luilekker in ʼn luukse bus voorsien van wi-fi, lugversorging en lopende kommentaar deur ons ingeligte toerleiers deur die lieflike groen Nederland, België en Wes-Duitsland. Ons stop in wonderlike dorpies en antieke stede, besigtig talle besienswaardighede, ry oor lang waterweë en deur tonnels, verkyk ons aan dele van Nederland waar min toere verbygaan en geniet plaaslike lekkernye sover ons gaan. Ons een hoogtepunt is om op een mooi aand die verruklike Vrijthof-konsert van die walskoning, André Rieu in sy tuisstad, Maastricht by te woon. In Duitsland gaan die bootvaart op die formidabele Rheinrivier beslis nog ʼn hoogtepunt wees om nie te praat van die lieflike landskappe en oulike dorpies waar ons gaan rondloer nie. Behalwe vir Brugge en Gent, gaan ons ander besonderse plekke in België besoek soos Waterloo en Dinant; Amsterdam, Volendam, Nijmegen en Giethoorn in Nederland ontdek..
Ons woon tydens die reis in baie interessante blyplekke gevestig in of naby mooi historiese stede. In Amsterdam bly ons loopafstand van alles wat ons graag wil sien en beleef. In België slaap ons oor met die geur van friete en sjokolade wat ons monde permanent laat water. Vir die konsert in Maastricht woon ons daar naby in die mooi stadjie Valkenburg en word per bus geneem na die bekende Vrijthof waar die konsert plaasvind en die magiese atmosfeer tot laatnag steeds sal voortgaan. In Duitsland slaap ons oor tipies Duitse herberge/hotelle waar ons tot die hane kraai saam met die plaaslike inwoners ʼn biertjie kan wegslaan.
Windmeule en kastele met grusame verledes word in verskeie stede besoek, romantiese bootvaarte op die gragte, ritte in ʼn ouwêreldse trem of perdetaxi, stadswandelinge waar interessante stadsprokies en verhale vertel word, vorm deel van ons toer. Ons is oral omring deur van die bekendste katedrale, kunsmuseums en besienswaardighede op die planeet en jy kan in aftye daarin gaan ronddwaal en geïnspireerd raak.
Rappard Reise se uitgangspunt is:
BESKIKBARE DATUMS:
REISNAAM VERTREK NEDERLAND LAND SUID-AFRIKA
TOER 1: Sondag 30 Junie Maandag 08 Julie
TOER 2: Sondag 07 Julie Maandag 15 Julie
TOER 3: Sondag 14 Julie Maandag 22 Julie

- Betaal jou deposito en die res oor maande af (sien betalingsopsies)
- Programme sluit fantastiese items in, wat by die prys ingesluit is
- Vir eie sak is eie-keuse museums ens, wat self vooraf bespreek kan word