Altyd passievol oor die lewe!
Henk Rappard, 'n Nederlander, en Stephanie, 'n Afrikaner, is senior mense met 'n oulike persoonlike storie. Hulle het 'n paar jaar gelede na 40 jaar weer ontmoet en besluit om saam oud te word, en wil dit doen in Suid-Afrika waarvoor hulle baie lief is! Henk se kinders en kleinkinders woon in Nederland, Stephanie se dogters en kleinkinders in Pretoria en haar seun en gesin in Australië.
Terugslae
Nadat hulle honderde mense op talle toere vergesel het die laaste jare, het hulle In Augustus 2024 weens persoonlike oorwegings besluit om hul toere te staak. Van die redes het ingesluit: Henk het na regte meer tyd benodig om ten volle te herstel ná 'n groot hartoperasie 'n jaar gelede. "Hy wou toerlede nie in 2024 teleurstel nie en het voortgegaan met die reise - my man is waarlik 'n baie manmoedige en lojale persoon en het ses 2024 toere suksesvol afgehandel," vertel Stephanie. Ook was beide oormoeg ná 'n buitengewoon besige 2024 met baie uitdagings.
Oorweldigende ondersteuning
Daar word gesê die liefde oorwin alles... Dit het vir die Rappards 'n werklikheid geword nadat hulle in die maande ná die besluit om uit te tree totaal oorweldig is deur vorige toerlede en lede van die publiek se liefde, uitreik en ondersteuning. Dit was hartverwarmend en hulle wil almal opreg bedank daarvoor.
Senior Gap-jaar
Hulle gaan in 2025 eers bietjie 'n "senior gap-year" vat. Die rusjaar gaan gebruik word om uit te rus maar ook om allerlei huisprojekte af te handel - en om alles wat agterweë gebly het die laaste jare weer op datum te kry. Dié jaar wil hulle net plaaslik reis, rus en weer aandag aan hul eie lewe gee.
Ander belangstellings?
Gaan loer gerus deur onder te klik oor alles wat al deur hierdie reisjoernaliste/fotograwe gepubliseer is:

Die uitgebreide familie lyk so:
SUID-AFRIKA (en AUS) - SAAM MET KINDERS EN KLEINKINDERS
NEDERLAND - SAAM MET KINDERS EN KLEINKINDERS
Die Rappards is ook die outeurs van Die Rooi Trem, hul epiese en romantiese boek wat deur Naledi gepubliseer is, en meestal in Nederland en België afspeel.