WAAROM RAPPARD REISE?
- Rappard Reise is die enigste SA-toergroep wat eksklusief op Nederland fokus
- Ons voertaal is Afrikaans met 'n bietjie Nederlands ingeklits, wat dit baie outentiek maak
- Toerlede word 'n kwaliteitervaring en insig in dié land gegee eerder as slegs 'n vinnige warrelwind ervaring
- RR is 'n familiebesigheid en bied alles professioneel maar tog informeel aan
- Die toerleiers het diepgaande persoonlike kennis oor die land, waaroor hul werklik passievol voel
- Om uitputtende rondtrekkery te vermy, woon ons groepe in een hotel vanwaar alle uitstappies uitgevoer word
- RR bied meer uitstappies aan wat ingesluit is by die toerprys as die meerderheid ander groepe, mét tyd ingebou vir eie ervarings ook
- Ons ry per trem asook toerbus na die verskillende uitstappies - toerlede word touwys gemaak om self ook met openbare vervoer te kan ry en sodoende ware reisigers te word.
- Die vierster-hotel bied 'n verskeidenheid dienste aan sodat dit opsigself 'n uiters vervullende vakansie-ervaring kan wees
- Uitstappies is ontspanne en wandelinge is rustig en sonder haas
- Alle ouderdomme is welkom op die toere; senior mense kan met 'n geruste hart saamgaan
- Vele vorige toerlede word so lief vir Nederland dat hulle tydens 'n volgende toer sommer wéér saamgaan
- Toerlede kom as vreemdelinge in Nederland bymekaar, gaan as vriende huis toe en hou vir jare steeds kontak
Vir alle antwoorde wat jy nie op die webblad vind nie, stuur vir ons 'n e-pos na:
[email protected]
waarna ons verder kan gesels.
Baie dankie!
Henk, Stephanie en span
[email protected]
waarna ons verder kan gesels.
Baie dankie!
Henk, Stephanie en span





