• TUISBLAD
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Reisblog
  • Toerpret in beeld 1
  • Toerpret in beeld 2
  • Kontakvorm
  • AfriNed humor
RAPPARD REISE
  • TUISBLAD
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Reisblog
  • Toerpret in beeld 1
  • Toerpret in beeld 2
  • Kontakvorm
  • AfriNed humor
Ingesluit by die prys:
  • Verblyf in ʼn vierster en-suite hotelkamer wat ontbyt insluit.
  • Toeristestadsbelasting.
  • ʼn Vliegtuigkaartjie-begroting van R14 000 per persoon.*
  • Bus tydens uitstappies en van/na lughawe. **
  • Tremkaartjies waar benodig vir uitstappies.
  • Keukenhof-ervaring, toegang.
  • De Haar Kasteel-uitstappie, toegang.
  • Panorama Mesdag toegang.
  • Amsterdam kanaalbootvaart.
  • Marken-bootuitstappie.
  • Bustoere wat Zaanse Schans, Marken en Volendam insluit.
  • Tipies ligte Nederlandse eetgoed tydens die meeste daguitstappies.
  • Leiding van talle uitstappies in Scheveningen, Den Haag, Delft, Gouda, in die bus, ens.
  • Bystand, inligting en raad om reisgenote behulpsaam te wees met reisvoorbereiding.
 
* Om so lank vooraf te begroot is ‘n uitdaging maar ons glo ons het reg begroot vir ‘n Lufthansa of soortgelyke-vliegkaartjie (handbagasie plus 1 groot tas ingesluit). Indien dit duurder word sal die reislid moontlik ‘n bybetaling moet maak.
** Indien mense self vliegkaartjies aankoop of op verlengde reise gaan sodat tye nie saamval met ons toer nie, sal hulle moontlik buite die shuttletye val en daarom op eie koste by die hotel moet arriveer. Ons gee raad.
LW. Indien die reislede later besluit om ‘n eie lugredery te kies, sal hulle steeds die R14 000 pp uit hul reeds betaalde reisbedrag ontvang of die uitstaande reistarief sal dan minus dié bedrag wees.

Uitgesluit by die prys:
  • Visumkoste – Nederlandse Schengen-visum – elkeen moet persoonlik gaan aansoek doen aangesien biometriese toetse gedoen word. Ons verskaf inligting.
  • Bybetaling indien benodig op vliegkaartjies en onverwagte verhoging van begrote pryse vir bv toegangskaartjies.
  • Reisversekering.
  • Enige mediese toetse wat vereis mag word.
  • Museum- en ander toegangskaartjies van eie keuse. Ons verskaf inligting.
  • Persoonlike uitgawes/sakgeld vir aankope, drankies, ens. Ons verskaf info.
  • Ekstra ete/s per dag – ook op Selfdoen- en laaste dag voor vlug. Kioske, ‘foodcourts’ en supermarkprodukte is uitstekende opsies sodat die begroting daarvoor geensins hemelhoog hoef te wees nie.
  • Binnelandse aansluitingsvlugte tot by O R Tambo moet self deur toerlede gereël en betaal word.
  • Indien u u reis verleng, ander tye land en vertrek as die groep, sal u self verantwoordelik wees vir vliegkaartjieaankope, vervoer van/na lughawe en eie reëlings daaromtrent. Die bogenoemde *vliegkaartjiebedrag sal van u toerprys afgetrek word en so op die bevestiging aangeteken word.

BETAAL JOU REIS SO AF:
  1. Betaal 'n registrasiefooi van R350 om jou op die sisteem te laai en jou plek te verseker.
  2. Kies op die registrasievorm jou voorkeur betalingwyse. Die opsies gee jou die geleentheid om:
  • jou deposito van R5000 te betaal en daarna te begin afbetaal
  • die volle uitstaande toerbedrag oor die aantal maande te verdeel in maandelikse paaiemente
  • die deposito in te sluit by jou maandelikse afbetaling. Die eerte R5000 sal dan dien as deposito.
  • 'n voorstel hoe jy graag wil afbetaal.

LW 80% van die bedrag moet op 1 Desember 2026 reeds betaal wees - die laaste bedrag moet op 1 Februarie 2027 inbetaal wees.

Alle word baie duidelik uiteengesit in die registrasievorm. Klik hier om jou vorm te ontvang:
2027 Registrasievorm Nederland-toer
Druk die vorm uit, vul in en stuur terug na: [email protected]
​BAIE DANKIE!
  • TUISBLAD
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Reisblog
  • Toerpret in beeld 1
  • Toerpret in beeld 2
  • Kontakvorm
  • AfriNed humor