• Reisblog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Kontakvorm
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
RAPPARD REISBLOG
  • Reisblog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Kontakvorm
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
Picture

WONDERLIKE AANKONDIGING:
Ons hervat ons gewilde:

Blomme en Bootjes
Nederland-toere

in ​2027!

TARIEWE

TARIEF 1  Kamer deel:     
R42 000 per persoon wat deel
TARIEF 2  Enkelkamer:     R55 000 per persoon

Vir inligting oor wat alles by die tarief in- en uitgesluit is, kontak ons deur die geel blokkie te klik. ​ 'n Infostuk en registrasievorm sal per e-pos aan u gestuur word.
BESKIKBARE DATUMS 2027:
​

REISNAAM         VERTREK na NED              LAND terug in SA
LENTE 1:              Dinsdag 30 Maart            Donderdag 08 April
LENTE 2:              Donderdag 08 April         Saterdag 17 April
LENTE 3:              Saterdag 17 April             Maandag 26 April
LENTE 4:              Maandag 26 April            Woensdag 05 Mei

KONTAK ONS HIER
SIEN VORIGE TOERE HIER
Meer oor die reis
Die epiese “Blomme en bootjes”-toer val saam met die beroemde sprokiestuin, Keukenhof se openingstye van slegs 6 weke per jaar. Saam met die vlugte (1 oornag elk) en die vertrekdag is die reis 10 dae lank – 7 nagte en 8 dae in Nederland. Rappard Reise se hantering van elke faset van jou reis gee die reisiger totale gemoedsrus en die geleentheid om sonder stres elke oomblik net ten volle te geniet. Groepe vertrek vanaf O R Tambo; toer begin amptelik in Nederland. Ons toere is nie te groot nie – ons verkies om rondom 24 mense per toer te akkommodeer.
 
Toerleiers
Die Rappard Reise se toerleiers sê Nederland is hul absolute passie! Hulle beskou die toere as privaat en sien hul toerlede as medereisigers. Uitstappies word aangebied deur onder andere Henk wat as gebore en getoë Nederlander graag sy land se geheime en wonders met reisgenote wil deel. Stephanie, sy Afrikaanse vrou en reisjoernalis, gee op haar beurt haar eie Suid-Afrikaanse perspektief op die land en sy mense. Soms wissel toerleiers mekaar af en is nog lede van die familie daar om uitstappies te help lei. Die Afrikaans/Nederland sinergie tussen hulle dra beslis by tot die suksesse van Rappard Reise wat sy ontstaan in 2015 gehad het. Die uitstappies word meestal in Afrikaans (en bietjie Nederlands) aangebied.

Verblyf
Reisgenote woon in 'n gerieflike vierster-hotel naby die Noordsee in Den Haag se stranddorp, Scheveningen. Alle uitstappies word van hier af geloods. ‘n Baie aangename ontbyt word daagliks aangebied. Toerlede kan in hul vrye tyd langs die see gaan stap, eetplekke en pubs ontdek, konserte bywoon, in winkels rondsnuffel en tot laatnag kuier indien hulle wil.  

Hoogtepunte
Keukenhof word besoek en ons staan lekker tyd aan dié blommeparadys af. Op pad terug hotel toe word toerlede in mooie Leiden bederf met ‘n heerlike kanaal bootrit. Plekke soos statige Den Haag, seedorp Scheveningen, goue Gouda en bloue Delft is ook op die program. Vir ou-wêreldse sjarme, is die plattelandse uitstappie na die beroemde Zaanse Schans met sy langarmmeule meule en die prentjiemooi Volendam baie interessant. Tipies Nederlandse werksaamhede soos klompevervaardiging en lieflike winkeltjies word baie geniet. Amsterdam word ook per kanaalboot verken en sodoende word meer geleer oor dié stad. Vir ‘n fantasie van her, besoek ons die De Haar-kasteel naby Utrecht en vergaap ons aan al die prag en praal sowel as die beeldskone tuine. ‘n Selfdoendag gee toerlede die geleentheid om plekke en/of museums te gaan besoek wat nie op die program is nie, of om terug te gaan iewers waar hulle meer tyd sou wou hê.
 
Toerlede kom as vreemdelinge in Nederland bymekaar en gaan as vriende huis toe!
  • Reisblog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • Kontakvorm
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor