• Blog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
  • Kontakvorm
RAPPARDS SE BLOG
  • Blog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
  • Kontakvorm

Vergelyk jou toeropsies
en neem 'n ingeligte besluit

Toergroep
VOORDELE:
  • Die toer word namens jou beplan en jy volg net instruksies
  • Jou vliegkaartjies, verblyf en toegangskaartjies word namens jou aangekoop
  • Vervoer word verskaf
  • Sommige etes is ingesluit en vooraf gereël
  • Toerleiers neem die groep op uitstappies
  • 'n Vaste dagprogram word verskaf
  • Vriendskappe word met nuwe mense gesmee

NADELE:
  • Toere is deesdae baie duur
  • As groep is daar nie veel tyd om aan eie belangstellings te bestee nie
  • Bybetalings op kaartjies mag van toerlede vereis word wanneer die Rand verswak of pryse in die bestemming skielik verhoog
  • Daar is geen waarborg dat jy van jou mede-toerlede sal hou nie en swak gedrag kan jou toer versuur
  • Alles op die program val dalk nie in jou smaak nie
  • Die program se tempo is dalk te straf vir jou en maak dit minder aangenaam
  • Dit mag op die ou end baie meer kos as waarvoor jy begroot het agv onverwagte uitgawes
Selfdoenreis
VOORDELE:
  • Jy kan jou eie toer beplan en beheer; jou eie belangstellings eerste stel
  • Jy kan self besluit waar jy wil bly en met watter lugredery jy wil vlieg 
  • Jy kan jou eie begroting bepaal en jou reis kan jou vanaf 'n derde tot die helfte goedkoper uitwerk as met duur toere
  • Jy het nie as individu nodig om by te dra tot: Toerleiers se onkostes nie; duur toerbuskostes nie; etes waarvan jy nie hou nie; uitstappies wat jou nie aanstaan nie; vaste, soms uitputtende, dagprogramme nie; onaangename toerlede nie, ens, ens, ens.
  • Jy het 'n baie groter verskeidenheid van uitstappies na jou eie smaak om aan deel te gaan neem as in die geval met streng toerprogramme wat 'n verskeidenheid mense moet probeer tevrede stel.
NADELE:
  • Wanneer die Rand verswak of pryse in die bestemming skielik verhoog, sal dit ook jou eie begroting raak
  • Jy mag soms verdwaal of moeite hê om by plekke uit te kom maar alles in Europa is so maklik om te vind as jy die regte vrae vra oor vervoer en bestemmmings
  • Jy kan dalk onseker voel dat jy dit op jou eie sal kan doen - MAAR met RR Reisadvies se hulp sal jy dit kan en wil doen!
JA! EK STEL BELANG IN JUL REISADVIES!!
  • Blog
  • Wie is ons?
    • Artikels gepubliseer
    • Die Rooi Trem
  • 2024 Nederland
  • 2023 Nederland
  • AfriNed humor
  • Kontakvorm