Aankondiging - Aug 2024
Beste Reisvriende
Ons is bitter jammer en hartseer om aan te kondig dat Rappard Reise hul toere moet staak.
REDE VIR DIé AKSIE
Ons is verplig om weens omstandighede buite ons beheer, te sluit en, m.a.w., aanstaande jaar se toere ook te moet kanselleer. Nadat ons honderde mense aan ons hartsland gaan voorstel het, en die mees wonderlike toere met die lieflikste mense ervaar het, is dit nou nie verder moontlik nie. Hoofsaaklik gaan dit oor gesondheidsredes van ons beide as eienaars. Ons moes die spesialis- en doktersaanbevelings aanvaar dat ons nie meer voort kan gaan met die toere self, wat baie arbeidsintensief en persoonlik is, nie. Henk het 'n verdere hartoperasie wat voorlê en Stephanie het tydens die laaste toere in 'n hospitaal in Nederland beland met 'n TIA na 'n paar baie stresvolle situasies - sy sal baie rustig moet wees die volgende paar maande met geen onnodige stres nie.
VAN ONS KANT AF
Ons is jammer hieroor want ons moet ons mooi droom prysgee om Nederland in persoon aan mense bekend te kan stel. MAAR, ons het steeds al die kennis en ondervinding van Nederland en die Lae Lande om eersdaags 'n splinternuwe reeks dienste aan voornemende reisigers aan te bied. Ons gaan raad gee oor hoe om self bekostigbaar te gaan, blomme te gaan kyk, bootjies te ry en 'n heerlike tyd daar te geniet. Vir ons sal dit lekker wees om te weet ons staan reisgieriges by om regte reisigers en nie net toeriste te word nie - én dat hulle Nederland en die Lae lande tog kan gaan leer ken en geniet.
Glo ons, julle sal nooit spyt wees nie! Spaar voort vir jul droom - die beplanning van 'n eie reis is die mees bevredigende ding wat mens ooit vir jouself kan doen! Ons gaan jou daarmee kan help! Hou ons Facebookblad dop sowel as hier op ons webwerf.
Vriendelike reisgroete
Die Rappard Reise-span