Blomme en Bootjes-toere na Nederland 2027
VOORBEELD DAGPROGRAM 2027
VOORBEELD DAGPROGRAM 2027
Elke groep se datums sal uiteraard verskil.
Dag 2 - Woens 31 Maart
AANMELD BY HOTEL en SCHEVENINGEN
Land op Schiphol, Nederland, waar die shuttle na Den Haag vertrek. Jy boek in by ‘n 4-ster hotel in die stranddorp, Scheveningen waar ons vir die duur van die reis woon. Almal ontmoet in die sitkamer, maak met mekaar kennis en bespreek ook die dagprogram en reëlings. Ons stap uit en verken bietjie die onmiddellike omgewing sodat almal weet waar hulle hulself bevind. Ons verduidelik ook hoe maklik die tremstelsel werk en gerieflik naby die hotel is. ‘n Tipies Nederlandse happie word op die boulevard geniet. Ons gaan ervaar die Skyview-wiel om die beste uitsig oor die omgewing te kry. Elkeen besluit self of hulle kans sien om nog bietjie te kuier en/of vroeg wil gaan inkruip.

Dag 3 Don 1 April
DELFT TOE
Ná ‘n heerlike ontbyt ry ons per trem na die historiese stadjie, Delft. Historiese kerke waar vorige koninklikes soos Willem van Oranje in tombes lê, wonderlike antieke ou geboue met hartroerende verhale word besoek in die dorp waar Delftblou oral te siene is. Ons gaan kyk hoe lyk die geboortehuis van Johannes Vermeer; toerlede wat belangstel gaan self na die Delft-fabriek, “De Porceleyne Fles”. Dié wat die fabriek binne wil sien, kan daar betaal – die res kan gratis na die pragtige uitstallings gaan kyk. Ons gaan loer ook in by die Johannes Vermeer dorpsmuseum. Op die markplein met sy lieflike antieke stadhuis, koop ons die oulikste aandenkings vir die mense tuis en stap rond of loer by een van die historiese kerke in. Ons geniet iets lekker warms te ete, tipies Nederlands, op die markplein, toerleiers verdaag en almal kuier nog so lank as wat hulle wil en ry later terug hotel toe met die trem.

Dag 4 Vrydag 2 April
AMSTERDAM en PLATTELAND
Ons vertrek bietjie vroeër per bus na Amsterdam waar ons vaar op ʼn kanaalboot om sodoende die stad bietjie beter te leer ken. Ons verken dié deel van die stad nog vir ‘n wyle en geniet die unieke ambience. (Hierdie dag is nie uitgesit vir besoeke aan museums nie – dit kan bespreek word vir die Selfdoendag.)
Ons ry noordwaarts na Volendam - die unieke hawedorpie steel harte met sy popmooi huisies en bote in die hawe. Laat neem oulike foto’s van jouself in outydse Hollandse kleredrag by Foto Boer as jy wil, en geniet al die oulike winkeltjies. Ná ete gaan ons aanboord die Marken Express en vaar oor die groot meer na die piepklein eiland, Marken, geniet die omgewing bietjie en keer dan terug na Scheveningen.

Dag 5 Sat 3 April
DEN HAAG
Ná ‘n laterige ontbyt klim ons op die trem en ry vir ‘n uitstappie Den Haag binne. Ons klim by die formidabele Vredespaleis af en almal bewonder die wêreldberoemde gebou van Vrede en omtrek. Ons volgende stap is ‘n korterige wandeling na die groot verrassing in die vorm van die Panorama Mesdag. Tydens die stadswandeling vertel Henk meer oor sy geliefde stad en al sy geheime. Dit is ʼn luilekker uitstappie en ons sien Paleis Noordeinde waar die koning werk. Ons rus bietjie onder die eeue oue posboom. Ons gaan geniet ‘n tipies Nederlandse bordjie poffertjies by een van die oudste poffertjierestaurante en gaan bewonder die imposante Ridderzaal, en die Hofvijfer. Dié met ‘n huppel in die stap bestyg die toring wat oor die antieke Binnenhof kyk voordat ons terug hotel toe gaan of die beroemde Passage winkelsentrum gaan deurstap.

Dag 6 Son 4 April
SELFDOENDAG
Dis ʼn doen-dit-self-dag en ná ontbyt slaan almal hul eie rigting in. Jy weet al hoe die trem werk! Dalk wil jy by die hotel bly en die fasiliteite en omgewing geniet en uitrus. Almal het vooraf gekies wat hulle wil gaan sien en doen en het self vir kaartjies betaal. Dié dag se onkostes is vir jou eie sak. Dalk gaan jy per trein terug Amsterdam toe vir die dag? Wil jy Van Gogh-museum toe gaan of die Anne Frank-huis besoek? Of wat van die formidabele Rijksmuseum? Museums in Den Haag soos Mauritshuis is ook propvol allerhande groot skilders (Rembrandt, Monet, Cézanne, Paulus Potter, Vermeer, Van Gogh, ens) se kunswerke. Of gaan bewonder die mini-wêreld, Madurodam? Ons gee raad.

Dag 7 Maan 5 April
KEUKENHOF en ZAANSE SCHANS
Die dag vir die blomme het aangebreek en ons vertrek heel vroeg per bus na die wêreldberoemde Keukenhof-tuine. Keukenhof vertoon binne ses weke alles wat die Nederlandse blommebedryf bied. Die park spog met 7 miljoen lente-blombolle, pragtige mere met spierwit swane, bruggies, kunswerke in die wêreld se mooiste en grootste tuin.
Op pad terug maak ons ‘n draai by die historiese windmeuldorpie, Zaanse Schans waar almal bietjie kan ronddwaal. Dié historiese plekkie is ʼn terugflits na die verlede met sy eertydse rye unieke windmeule met elk ʼn eie doel. Ons kan inloer by ‘n windmeul of twee en kan kies en keur tussen hordes oulike snuisterye om huis toe te neem.

Dag 8 Dins 6 April
GOUDA en KASTEEL DE HAAR naby UTRECHT
Ons vertrek ná ontbyt per bus na Gouda waar ons die pragtige stadshuis en Lang Jan-kerk bewonder. Mense is welkom om die kaasmuseum te gaan besoek en van Gouda se bekende stroopwafels te koop. Ons geniet die klein historiese stadjie en neem foto’s dat dit klap!
Ons ry rustig verder na die formidabele De Haar-kasteel met sy sprokiestorings en beeldskone tuine. Ons bewonder die kasteel van buite geniet die lieflike park – dié wat in die kasteel wil gaan, het vooraf bespreek. Ons dwaal in die tuine rond, en ná ‘n ligte ete by die kasteel-restaurant, ry ons terug na Den Haag.
Ons wil dalk begin inpak voordat ons saam met nuwe vriende ‘n laaste drankie in die kroeg wil gaan geniet.

Dag 9 Woens 7 April
LAASTE OGGEND/DAG
Almal geniet vir die laaste keer saam ontbyt. Daar word gegroet, nuwe vriende neem mekaar se inligting vir latere kontak. Diegene wat later eers vertrek, boek uit, pak hul tasse in die stoorplek van die hotel en gaan ontdek onder andere die ou strandkerkie en standbeeld van die Vissersvrou langs die see, gaan stap in die beroemde Keizerstraat of boulevard rond. Bederf jouself vir laas met ʼn lekker Nederlandse toetje, soos appeltaart en slachtroom of ʼn boterham. Wees gereed vir wanneer die bus arriveer, ry Schiphol toe en geniet ‘n mooi vlug!

Dag 10 Don 8 April
TERUG IN SA
Vliegtuig land in Suid-Afrika en jy stap met ʼn hart, geheuekaart en ʼn tas vol nuwe herinneringe deur die swaaideure. Jou belewenisse het jou lewe verander!