Lente 2023 - dit was echt gezellig!
'n Versameling foto's van ons 2023 Lente-toere wat vanaf einde Maart tot middel Mei plaasgevind het.
Sommige foto's is deur Rappard Reise geneem, maar is meestal deur toerlede self geneem.
Sommige foto's is deur Rappard Reise geneem, maar is meestal deur toerlede self geneem.
Weereens dankie van die Nel-groep vir ‘n baie lekker toer! Die kinders het dit net soveel soos ons geniet. Keukenhof was almal se gunsteling, maar die res van die besienswaardighede was ook baie interessant. Die Mesdag Panorama was asemrowend! Ons is verlief op Nederland - die vervoerstelsel wat uitstekend werk, die veiligheid en die natuurskoon sal ‘n mooi herinnering bly.
Groete van die 5 Nels |
|
|
Baie dankie vir ‘n ongelooflike toer! Ek dink my hart het in Scheveningen agtergebly (ten spyte van die ysige wind). Ons het gekom vir blomme en bootjes – en dit is presies wat julle gebied het. Keukenhof en die Pannekoekboot was beslis hoogtepunte, met Oma Toos net ‘n kortkop agter. Dit was onvergeetlik, baie dankie!
Christo en Dalene Meintjes |
Baie dankie vir jul twee wat hierdie bucket list besoek aan Nederland vir my moontlik gemaak het. Wat ‘n wonderlike geleentheid het ons gehad om saam met jul te kon reis. Dankie vir goeie voorbereiding, aandag aan klein detail en die passie waarmee jul ons toer aangebied het. Vir my was dit so goed, inligting, anwoorde op vrae en ook die geleentheid om self my eie ding te kon doen. Elke dorp en uitstappie was dag vir dag vir my opwindend .
Ek het waardering vir jul geduld, vriendelikheid, rustigheid, bederf geleenthede en meelewing. Dankie.
Lizette C (brief verkort)
Ek het waardering vir jul geduld, vriendelikheid, rustigheid, bederf geleenthede en meelewing. Dankie.
Lizette C (brief verkort)
Wat 'n wonderlike ervaring en voorreg om saam met julle te toer. Dankie nogmaals.
R en G van der Merwe Beslis 'n hoogtepunt in my lewe. Ek het sommer lief geword vir Nederland. Hoop om eendag weer daar te draai. Mooi loop Stephanie en Henk. A Mostert |
|
Baie dankie vir al julle geduld en voortreflike leidskap met Lente 6! Ons kuier beslis weer saam met julle!
M Jordaan Henk en Stephanie julle is TOPS! S Coulter Holland was absoluut alles wat ek van gedroom het en Rappard Reise het dit verwesenlik. Dankie Henk en Stephanie R Klopper |
|
|
Baie dankie vir 'n heerlijk toer ons het sooo lief geraak vir almal. Baie dankie vir alles wat julle vir ons gereël het .
K Kotze Sal die herinneringe verewig koester. A Volschenk Dankie Rappard Reise! Was 'n belewenis! M de Beer |
Die doel van my skrywe is eintlik om darem ook vir julle BAIE DANKIE te sê vir die wonderlike ondervinding om Nederland ook beter te leer ken. Julle het vir ons die venster na ‘n baie interessante wêreld oopgemaak en ek sal beslis al die mooi herinneringe vir altyd koester en bewaar. Die feit dat julle toere baie huislik van aard is, maak dit baie uniek en die feit dat Henk ook baie van die land en sy grootword wêreld met die toeris deel, is baie besonder. (Brief verkort)
L Blom
L Blom